Crown Bag is die boer se besigheidsvennoot, wat seker maak dat sakkies en verpakkingsmateriaal op die regte tyd en met die nodige gehalte aan die boer verskaf word, sodat die boer die beste moontlike produk op die mark kan plaas.
Die onderneming Crown Bag (Edms.) Bpk. is in 1989 as papiersak- en verpakkingsmateriaalvervaardiger in die industriële gebied Tshiame, net buite Harrismith in die Oos-Vrystaat gestig.

“Met meer as 30 jaar ondervinding en ’n toegewyde span, streef ons steeds daarna om die kliënt te help deur te verseker dat hy toegerus is met ’n sak wat waarde tot sy produk voeg,” sê Anneke van der Merwe, fabrieksbeplanner van Crown Bag. "Dis egter nie net die landbou-omgewing aan wie ons sakke verskaf nie, ons vervaardig ook jaarliks meer as 10 miljoen sakkies vir die houtskoolbedryf."

Ons modern toegeruste fasiliteite help ons om maandeliks sowat nege miljoen sakke te vervaardig wat aan internasionale standaarde voldoen. Ons verskaf dan ook van ons produkte aan die buitelandse mark.

Ons het ‘n toegeweide verkoopspan wat elke kliënt kan help om sy of haar eie sakke te ontwerp. Kliënte is dus baie welkom om ons in hierdie verband te kontak. Crown Bag is al meer as 15 jaar deel van die VKB Groep. Op hierdie wyse help Crown Bag dus vir VKB om in nóg ’n opsig in boere se inset-behoeftes te voorsien.

Ons vervaardig verpakkingsmateriaal volgens u spesifikasies

Die fabriek het die kapasiteit om maandeliks meer as Nege miljoen sakke te vervaardig

Crown Bag is reeds die voorkeur verpakkingsmateriaal vervaardiger, hoekom nie ook joune nie?

6 Molemela St, Industriqwa, Tshiame, Harrismith, 9880
058 635 1166